GRAAFF-REINET SPORT NUUS - Gideon Viljoen het die afgelope naweek in Cradock deelgeneem aan 'n perdeskou en goed presteer.
Gideon 'n leerder van Laer Volkskool in Graaff-Reinet, was die wenner in die OPE stap/draf in kinderryperdafdeling en eerste plek in die OPE stap / draf ruiterkuns in sy ouderdomsgroep met sy perd Twice an Eagle.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'