GRAAFF-REINET NUUS — Garth Heunis van die Merino Posduifklub het weer dié pasafgelope naweek beide die wedvlugte vanaf Stella gewen.
Die duiwe was om 07:45 gelos in perfekte weersomstandighede vir die Graaff-Reinet-duiwe om die afstand van 633km aan te pak.
Heunis se Jaaroud-duifie, 520-16, het met meer as 5 minute onder die volgende duif in die klub uitgevlieg toe Heunis haar om 14:30 geklok het.
Die eerste 30 plekke het tussen 59 minute vir die Ope en 77 minute vir die Jaaroud-duiwe geneem om gevul te word.
Ongelukkig het Pierre Els weer klok probleme ondervind wat hom vir ‘n tweede agtereenvolgende wedvlug nie laat plek vat het nie.
Die duiwe van JR Marais en die van Karoo Hokke (Petrie Maré) en het weer onder die eerste 4 in die Ope-afdeling geëindig, met die duiwe van George du Plessis, Maré se Karoo Hokke en JR Marais wat dan ook vir al drie duiweboere plekke onder die eerste 8 in die Jaaroud-afdeling besorg het saam met Heunis.
Die volgende wedvlug vir dié klub is vanaf Mahikeng oor 'n distansie van 715 km.
Ope-afdeling:
Garth Heunis B: 1, 9, 15, 18, 21 en 26. Karoo Hokke: 2. Garth Heunis A: 3, 5, 6, 7, 8, 12, 16, 17, 20, 23 en 24. JR Marais: 4, 10, 14 en 30. Blignaut Hokke: 11, 13 en 19. Anton Everson: 22. David Hampton: 25, 28 en 29. George du Plessis: 27.
Jaaroud-afdeling:
Garth Heunis A: 1, 2, 4, 10, 11, 15, 20, 22, 23, 26 en 29. Garth Heunis B: 3, 5, 9, 12, 17, 18, 19, 21, 25 en 28. JR Marais: 6 en 14. George du Plessis: 7 en 30. Karoo Hokke: 8, 13 en 16. Benitos: 24 en 27.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'