SUID-KAAP NUUS - Eden Distriksmunisipaliteit het pas aangekondig dat hulle 'n amptelike vennoot word in die aanbieding van die Eden Sporttoekennings.
Hessequa Munisipaliteit speel vanjaar gasheer vir die aanbied van die prestige toekennings. Dit vind op 27 Julie op Riversdal plaas en beloof om weereens 'n uithanggeleentheid te wees. Die sportraad, Departement van Kultuursake en Sport (DKES) en Eden Distriksmunisipaliteit is die ander ankervennote vir die geleentheid.
Rolspelers word versoek om, sodra hulle die nominasievorms ontvang, dit te voltooi en aan Dirk van der Westhuizen (DKES) en Dave van der Walt (Eden Sportraad) terug te stuur. Die sluitingsdatum vir nominasies was aanvanklik 24 Junie, maar is voorlopig uitgestel.
Alle Eden sportfederasies word uitgenooi om hulle top sportpersone, afrigters en administrateurs te nomineer.
Federasies wat befondsing vanaf die DKES ontvang het, moet volgens ooreenkoms persone nomineer. Die publiek kan ook nomineer, maar nominasies moet op die voorgeskrewe vorm gedoen word en deur die relevante Eden sportfederasie goedgekeur word.
Vorms kan by Van der Walt by sportcouncil.eden@gmail.com gekry word.
Sportprestasies tussen 1 September 2016 en 24 Junie 2017 word in ag geneem Die wenners van die kategorieë wat in ooreenstemming is met die van Wes-Kaap, word outomatiese finaliste vir die Wes-Kaap Sporttoekennings wat later vanjaar sal plaasvind.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'