Gallery
GRAAFF-REINET NUUS - Die besigheidsrolballiga se eindstryd by die Graaff-Reinet-rolbalklub was 'n jolige affêre en het meer as net aksie en pret opgelewer.
Dié gewilde liga is weer goed ondersteun deur sakelui en dit raak net al gewilder.
Daar was selfs 'n paar nie-rolballers wat groot potensiaal getoon het, maar dis op die 19de putjie wat spel van uitstaande gehalte gelewer is.
Fotogalery: Besigheidsrolballiga se eindstryd by die Graaff-Reinet-rolbalklub
Hugo Redelinghuys het die aksiefoto's geneem.
Hansie Jordaan (derde van links) met sy Spar-spanmaats links van hom terwyl sy teenstanders van Autoboys Glass Services sake fyn dophou.
Foto's: Hugo Redelinghuys
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'