GRAAFF-REINET NUUS — Hoër Volkskool het die pas afgelope naweek teen Hoërskool Aliwal Noord in verskillende sportsoorte meegeding.
Die wedstryde het op HVS se sportgronde plaasgevind.
RUGBY
Die O.14-span het 12 – 36 verloor, die O.15-span verloor ook 17 – 31, die O.16-span wen 27 – 12, die tweedespan wen ook 57 – 0 en die eerstespan verloor 17 - 22.
HOKKIE
Die O.16-hokkiespan wen 8 – 0, die derdespan wen 1 – 0, die tweedespan speel 1 elk gelykop en die eerstespan speel 0 elk gelykop.
NETBAL
Die O.14A-span wen 18 – 9, die O.14B-span wen 17 – 6, die O.16A-span wen 19 – 4, die O.16B-span verloor 11 – 14, die tweedespan wen 25 – 10 en die eerstespan wen 44 – 13.
Die eerste netbalspan het Vrydagmiddag ook teen Hoërskool Sentraal gespeel - dit was 'n ongelooflike wedstryd en Volkskool wen die wedstryd 35 - 14.
Hoër Volkskool se eerstespan met hul telling teen Beaufort-Wes (Sentraal): Caryn Swartz, Lykita Koeberg, Marichen Piek, Irene Kiewiets, Dehana van der Merwe, Lara du PLessis en Linda Lotter.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'