GRAAFF-REINET NUUS — Die 92ste Comrades Marathon skop Sondag, 4 Julie, af en 'n paar lede van die Graaff-Reinet Running Club is reg vir die aksie.
Die vyf dapper drawwers met hope uithouvermoë is Justin Kingwill, Elise Steynberg, Wayne Maspero, Eric Foendien en Jan Fick.
Die klub het verlede Saterdag, 20 Mei, 'n geselligheid gereël vir die individue waar hulle deur voorsitter Rozelle Köhne en onder-voorsitter Paula van Rooyen voorspoed toegewens is.
Die atlete sal om 5.30vm die Sondagoggend vanaf die stadsaal in Durban wegspring en 87km later by die Scottsville-resiesbaan in Pietermartizburg eindig.
Maspero het reeds agt Comrades-wedlope voltooi en pak dié jaar sy negende segetog aan, Kingwill sal vanjaar sy derde Comrades hardloop, vir Foendien en Fick sal dit hul vierde Comrades wees en Steynberg sal hopelik haar eerste medalje by die wedloop verower.
Die Graaff-Reinet Running Club wens al die atlete voorspoed toe.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'