GRAAFF-REINET NUUS - Devan Dollies, 'n leerder verbonde aan Spandau Sekondêre Skool, het tydens Maart uitmuntend presteer op die atletiekbaan.
Tydens die OP-atletiekbyeenkoms op 2 en 3 Maart het hy 'n eerste plek in die 800m-item met 'n tyd van 1:56,90 sekonde verwerf.
Na afloop hiervan is hy gekies om op 24 Maart deel te neem aan die SA Senior Atletiekbyeenkoms in Germiston teen van die land se beste atlete.
Hier het hy hom puik van sy taak gekwyt en die skool se naam hoog gehou.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'