GRAAFF-REINET NUUS - Bokkie Nortman van Pretoria het verlede week haar 100ste parkrun by Graaff-Reinet se Mountain Drive parkrun afgelê.
Die kuiergas was algeheel 26ste, en het die roete voltooi in 46:34.
Nortman was voorbereid vir die plaaslike bulte, aangesien haar parkrun by die huis die Voortrekker Monument parkrun is.
Plaaslike parkrunners Peter Burdett en Lusan Luscombe saam met kuiergas Bokkie Nortman (middel).
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'