GRAAFF-REINET NUUS - Verlede Saterdagoggend, 9 Junie, het #karroochallenge 'n winterstraatmyl in Graaff-Reinet aangebied.
Die geleentheid is aangebied tydens die Winterfees van die NG Graaff-Reinet-gemeente by die Botaniese Sportgronde.
Die deelnemers - wat almal aangemoedig was om volgens die winter-tema aan te trek - het die resies baie geniet.
Hernus Stolz was die wenner onder die mans en het 'n R200 geskenkbewys van Our Yard ontvang.
Marlize Deyzel (derde), Jackie Taylor-Freeme (tweede) en Maxie Theron (eerste) het onder die vrouens met die louere weggestap.
Maxie Theron het dan ook 'n R200 Our Yard-geskenkbewys gewen.
By die kinders se afdeling het Peter-Daniel Clegg (tweede), PJ de Goede (eerste) en Nico Coetzee (derde) die ander deelnemers weggedraf.
Marlize Deyzel, Jackie Taylor-Freeme en Maxie Theron.
Peter-Daniel Clegg, PJ de Goede en Nico Coetzee.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'