GRAAFF-REINET NUUS - Die Covid-19-pandemie lê sportbedrywighede steeds lam, maat die Mountain Drive-parkrun neem toe in gewildheid. Verlede Saterdag het 64 mense opgedaag om die 5 km aan te durf.
Die sewe vrywilligers wat met die reëlings en tydhouery gehelp het, was Mike Calitz, Kim Spencer Primic, Jacques Ferreira, Shirley Spencer, Johan du Plessis, Anneke Wieneke and Tammy de Vos.
Hugo Redelinghuys, redakteur van die Graaff-Reinet Advertiser, het die aksie vasgevang.
Amy (5) op haar eerste parkrun saam met haar mamma, Lou-Anne Gerber.
Austin Jantjies triomfantelik teen die steil afdraand.
Ma en dogters op 'n ligte drafstappie. Van links Mariëtte, Emma (8) en Miley Burger (10) saam met Klara van Jaarsveld (8). Dit was Klara se eerste parkrun.
Danie Jackson net ná die omdraaislag.
Sorita Niemand is 'n gereelde gesig by Saterdae se parkrun.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'