GRAAFF-REINET NUUS - Drie lojale parkrun-deelnemers het Saterdag, 10 Augustus aan hul 25ste Mountain Drive parkrun in Graaff-Reinet deelgeneem.
Dít is 'n uitsonderlike prestasie, aangesien daar tot dusver slegs 28 plaaslike parkruns was. Die flukse gemeenskapslede is Mixie Goedhals, Abel Ndamase en Grant Potgieter.
"Voor die parkrun se instelling het ek altyd gestap. Ek geniet dit en dit is goed vir my gesondheid," het Goedhals met die Advertiser gedeel.
Sy het nog net drie parkruns nié bygewoon nie. "Die eerste keer was ek te bang," lag sy.
Lees die volle artikel in Donderdag se Advertiser en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'