GRAAFF-REINET NUUS - Graaff-Reinet Primêr is baie trots op hul leerders wat op 27 Januarie aan die Sarah Baartman Distrik Landloop-byeenkoms deelgeneem het.
Die byeenkoms het by die Collie Koeberg-sportkompleks in Graaff-Reinet plaasgevind.
31 leerders verbonde aan die skool het aan dié kompetisie deelgeneem waarvan 22 leerders medaljes ontvang het.
Die skool is baie trots op hulle.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'