GRAAFF-REINET NUUS – Verlede Vrydagaand, 4 Mei, het #Karroochallenge 'n baie suksesvolle naghardloop aangebied.
Die weer het baie goed saamgespeel en toestande was gunstig vir hardlopers en stappers.
Om 19:00 het die atlete weggespring, elkeen gewapen met 'n flitslig of 'n koplig, vanaf Reinet Manor, 7km buite Graaff-Reinet op die Port-Elizabethpad.
Dit was 'n nuwe, en verseker ook 'n opwindende ondervinding vir baie van die deelnemers.
Die organiseerders bedank graag al die borge wat hierdie geleentheid moontlik gemaak het: Reinet Manor, Karoo Living en Polka Restaurant.
Hou beslis die #karroochallenge dop vir hul volgende uitdaging!
Izienne van Jaarsveld (Vroue) en Wynand Volschenk (Mans) het die 5km-uitdaging gewen.
Thinus Minnie (Mans) en Carin Leanard (Vroue) het die 9km-uitdaging gewen.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'