GRAAFF-REINET ATLETIEK NUUS - Twee leerders van Lingcom Primêr in Graaff-Reinet, Ethan van der Berg en Crystal Schoeman, is onlangs opgeneem in die OP-landloopspan.
Op 8 September het hulle die provinsie verteenwoordig by die nasionale landloopbyeenkoms in Port-Elizabeth.
Die skool is uiters trots op hul sukses in die sport.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'