GRAAFF-REINET NUUS — Verskeie atlete van Hoër Volkskool het onlangs ‘n interessante en suksesvolle toer na Bloemfontein onderneem om aan die Jim Fouche atletiekbyeenkoms te gaan deelneem.
Baie goeie prestasies is deur die atlete teen sterk kompetisie behaal.
Shirwan van Staden het ‘n goue medalje in die 200m Seuns O.19 gewen in 22,61 sekonde. Hy wen ook ‘n brons medalje in die 100m in 11,34 sekonde.
Zandiswa Speelman wen ‘n goue medalje in hoogspring Dogters O.19 met ‘n hoogte van 1,50 meter.
Abeedha Masimla wen onderskeidelik ‘n goue en silwer medalje in verspring en spiesgooi Dogters O.19.
Haar afstand in die verspring was 4,59 meter en in spiesgooi 33,93 meter.
Die volgende atlete het ook mooi presteer:
- Caryn Swartz tweede in verspring Dogters O.17 (5,00 meter)
- Fransene Joubert tweede in die spiesgooi Dogters O.16 (28,65 meter)
- Jaydee Jooste derde in die hoogspring Seuns O.17 (1,80 meter)
- Lafras van Rooyen vierde in die diskus Seuns O.19 (38,65 meter)
- Lafras van Rooyen vierde in die gewigstoot Seuns O.19 (10,72 meter)
- Devenito Grootboom vierde in die 1500m Seuns O.17 (4:49,63 sekonde)
- Tiane Lombard vierde in die gewigstoot Dogters O.16 (10,66 meter).
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'