GRAAFF-REINET NUUS — Weppie Preppie, 'n plaaslike kleuterskool, hou dié eerskomende naweek hul jaarlikse atletiekbyeenkoms.
Die klein atlete en hul onderwysers is ewe opgewonde oor dié byeenkoms.
Die skool se leerders oefen reeds vir weke om hulself goed voor te berei vir die pret mededinging en het die kleuters hul leerkragte verseker dat hulle net hul beste sal lewer!
Belangstellendes word genooi om die kleuters op die groot dag te kom ondersteun by Laer Volkskool se sportvelde.
Die aksie begin reeds om 8vm die oggend en sal enige geld geïn by wyse van die snoepie of donasie gebruik word om die skool se koffers aan te vul.
Aksiefoto's word deurlopend geneem en kan na afloop van die byeenkoms by die skool bestel word.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'