ABERDEEN NUUS — Vir die tak se Mei-vergadering, het die lede van die Aberdeen VLV die Willowmore Vrouedag bygewoon.
Die tema vir die dag was 'Vintage' - dit was ‘n spoggerige geleentheid waar lede die kans gebied is om hulself bietjie op te tof en iets te beleef van die fleur van ‘n vorige era.
Die hoofspreker van die dag was die bekende skilder, Maria Oosthuizen van Mosselbaai.
Sy vertel die verhaal van haar pad met die Here en hoe sy begin skilder het.
Joan Carstens van Monroe Teater, ook in Mosselbaai, doen toe twee verhoogstukke wat die vroue laat skaterlag het. Cornell Carstens vertel meer van wat Monroe Teater bied, soos teaterstukke, klassieke rolprente, teekamer, 'vintage'-winkel en funksies.
Die dag het ook saamgeval met die Willowmore VLV se 75ste verjaarsdagviering en het hul toe hul resepteboek, Karoo Hartskos, bekend gestel. Daar was ook verskeie stalletjies met interressante produkte. Die oggend is afgesluit met ‘n heerlike middagete.
'Ons bring jou die nuutste Aberdeen, Karoo nuus'