GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Die tiener wat op Saterdag, 28 Januarie op ‘n plaas naby Friemersheim, Groot-Brakrivier verkrag en vermoor is, is as die 16-jarige Jamie Lee Julius geïdentifiseer.
Jamie Lee se liggaam is op Sondag, 29 Januarie tussen 07:00 en 08:00 deur haar 20-jarige suster agter ‘n watertenk in modderwater op die plaas, Vadersgawe ontdek.
‘n Verdagte is kort na die voorval deur polisiebeamptes verbonde aan die Groot-Brakrivier-polisiestasie in hegtenis geneem.
Jamie Lee is gewurg en het na wat verneem word verskeie ander beserings.
'n Groep van ongeveer tien vriende het op die betrokke aand saam in die plaashuis gekuier en musiek geluister. Dit is waarskynlik hoekom niemand Jamie Lee dalk om hulp hoor skree het nie.
Lees meer in susterspublikasie, Mossel Bay Advertiser
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'