KAROO NUUS - 'n Hewige haelstorm het 'n rukkie terug op De Rust omgewing toegesak.
Betsie Britz, lidmaat van Wyk 11 op De Rust, vertel dat sy wel die waarskuwing van swaar reën gekry het, maar glad nie die eweskielike haelstorm verwag het nie.
Volgens Britz is daar in De Rust self geen groot hael en reën skade nie. Sy wil ook graag die inwoners waarsku dat die reservoirs afgeskakel is om te voorkom dat sand en modder in die reservoir inloop.
Water moet dus spaarsamig gebruik.
MEIRINGSPOORT GESLUIT:
Oudtshoorn Courant het bevestiging van die Oudtshoorn-munisipaliteit se beheerkamer ontvang dat Meiringspoort gesluit is.
Volgens inligting wat húlle van die provinsiale verkeer ontvang het, vloei die rivier baie sterk.