NASIONALE NUUS - Vyf mense van dieselfde gesin is gisteraand in 'n motorbotsing op die N2 naby Glentana dood.
Die sesde insittende van die Ford Ecosport, 'n 12-jarige seun is die enigste oorlewende en word tans in 'n hospitaal in George behandel. Die aard van sy beserings is nog nie bekend nie.
Die polisie se kommunikasiebeampte, sers Lauriane Botha sê die ander voertuig se bestuurder is ook in 'n George hospitaal opgeneem. Botha sê die botsing het om ongeveer 22:00 plaasgevind.
Meer besonderhede is nie tans bekend nie.
Lees meer op susterskoerant, Mossel Bay Advertiser
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'