GRAAFF-REINET NUUS - Wêreldmelkdag is elke jaar ’n hoogtepunt by die Cradock Voorbereidingskool.
Nie alleen kry die leerders die geleentheid om hul gunstelinguitrusting aan te trek nie, maar hulle mag ook op die dag hul gunstelingmelkkoei teken.
Al die leerders het Wêreldmelkdag onlangs by dié skool gevier deur te leer oor die belangrikheid van suiwelboerdery en die rol wat dit in ons gemeenskap speel.
Oral in portale, gange en lokale was groot prente van melkkoeie en ook advertensies van melk en suiwelprodukte uitgestal, en leerders het in groepe die geleentheid gehad om voor die groot prente vir foto’s te poseer.
Melk is ’n belangrike voedselbron vir kinders, want dit is ’n bron van voedingstowwe wat noodsaaklik is vir groei en ontwikkeling, insluitende kalsium, proteïene en vitamien D en B.
Hierdie voedingstowwe ondersteun sterk bene en tande, energieproduksie en algemene gesondheid.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’