MOSSELBAAI NUUS - Die 39-jarige man wat sedert vroeg vanoggend op ‘n plaas in Brandwag eers in die plaashuis en toe later op polisie-, asook noodvoertuie wat op die toneel aangekom het gevuur het, is in hegtenis geneem.
Dit volg nadat die polisie se taakmag hom kort na 18:00 in die plaashuis waar hy geskuil het, oorrompel het, het die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, kaptein Malcolm Pojie bevestig.
Die man se gesinslede wat saam met hom op die plaas was is ongedeerd na veiligheid geneem vroeer vandag, maar was volgens inligting tot en met die man se in hegtenisname op die toneel.
Lees meer op ons susterskoerant, Mossel Bay Advertiser.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'