MOSSELBAAI NUUS - Die situasie op ‘n plaas in Brandwag waar ‘n 39-jarige man sedert vanoggend met verskeie kaliber vuurwapens begin skiet het, duur voort, berig kapt Malcolm Pojie.
Die man se ouers en broer, wat ook op die plaas was, is ongedeerd vroeër vandag na veiligheid gebring.
Polisielede en nooddienswerkers wat verskeie kere moes koes vir dwaalkoeëls wat deur die skieter afgevuur is, is intussen na veiligheid geneem.
Noodvoertuie, onder andere ‘n ambulans, is verskeie keer raakgeskiet.
Lees meer op ons susterskoerant, Mossel Bay Advertiser.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein Karoo, Hessequa nuus'