GRAAFF-REINET NUUS - Vuyani Safe Haven hou Donderdagmiddag, 21 September, hul Algemene Jaarvergadering.
Die geleentheid sal plaasvind in die sysaal van die Graaff-Reinet Stadsaal om 15:00.
Alle belangstellendes word uitgenooi om dit by te woon.
Vuyani Safe Haven is 'n kinder- en jeugsorgsentrum in Graaff-Reinet waar kindersorgdienste in 'n veilige en huislike atmosfeer voorsien word aan kinders wat sorg nodig het.
Vuyani fasiliteer ook suksesvolle hereniging of plasing in pleeg- of alternatiewe sorg, terwyl hulle voortduren streef om die kinders in hul sorg in staat stel om verantwoordelikheid vir hul lewens en toekoms te neem.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Klein Karoo nuus'