CRADOCK NUUS - Retha Bonnet, bestuurder by die Elizabeth Jordaan-tehuis in Cradock vertel dat daar onlangs ‘n heerlike vrugtefees by dié tehuis was.
Hierdie jaar was daar ook kaartjies te koop en die publiek was welkom om die geleentheid by te woon.
Die tafels was in sonnige geel gedek, en elkeen kon aansit by ‘n verpakte pakkie vars vrugte, wat hulle kon saamneem na hul kamers, of huis toe.
Die kombuispersoneel by die tehuis het ‘n keurige vrugteslaai voorberei, en elke gas het ‘n bakkie vrugteslaai met roomys gekry om te geniet.
Vars vrugtesap is bedien, en dan was die hoogtepunt natuurlik weer die waatlemoen en turksvye waarvan hul soveel as moontlik kon eet.
“Almal het heerlik saamgekuier, en ons inwoners kan nie uitgepraat raak oor die heerlike bederf wat hierdie jaar op ‘n ander formaat aangebied is nie,” vertel Bonnet.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’