CRADOCK NUUS - 'n Enorme verskeidenheid vars vrugte het die tafels by die ingang na die eetkamer versier toe die Elizabeth Jordaan-tehuis en Erika-sentrum in Cradock onlangs hul jaarlikse vrugtefees aangebied het.
Carien Nel het die tafels vooraf versier met vrugteuitstallings, en die bekwame kombuispersoneel het ingespring om hand by te sit.
Natuurlik het inwoners die heerlike bederf geniet, en behalwe vir goeie geselskap, het hul vitamienvlakke ook 'n hupstoot gekry.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’