GRAAFF-REINET NUUS — Vroue in die Graaff-Reinet polisiediens het hul Vrouedag gevier deur misdaad te bekamp tydens 'n padblokkade op die N9 buite die dorp.
Dié polisie-vrouens is deur hul manlike eweknieë in die provinsiale en plaaslike verkeers-wetstoepassing ondersteun, wat by die operasie aangesluit het.
Die Graaff-Reinet se polisiewoordvoerder, Luitenant Kolonel Nadia Nel het gesê dit was 'n baie suksesvolle manier om Vrouedag te vier.
Nel sê ‘n 188 voertuie is deurgesoek, waarvan een bestuurder sonder ‘n bestuurderslisensie beboet was.
Sy sê sowat 10 boetes is uitgereik wat gesamentlik R6 000 beloop vir ongelisensieerde voertuie.
“Sowat 18 vuurwapens is tydens die padblokkade nagegaan en die polisie kon die geldigheid van besit met die lisensiehouers bevestig.”
Nel het verder gesê die padblokkade was ‘n innisiatief ter bewusmaking van geweld teen vroue en kinders.
Ander vroue in die gemeenskap het ook van die geleentheid gebruik gemaak om Vrouedag boodskappe met die dorp te deel, en daarmee kan Graaff-Reinet egter spot met hul eie formidabele vrouens wat ‘n verskil in hul gemeenskap maak.
Sanet van Tonder is ‘n pastoriemoeder met ‘n graad in sielkunde wat daarvan hou om veral jongmense te help om universiteit toe te gaan.
Van Tonder deel die volgende boodskap: “Vrou, jy word raakgesien. Jy is kosbaar. Jy het soveel om te bied vir die mense in jou huis, die mense rondom jou en die gemeenskap waar jy is. Jy het ‘n stem wat tel. Jy maak saak.”
Precious Zenani is bekend vir haar rol in om die gemeenskap op te hef in die informele nedersetting, uMasizakhe.
Zenani het gesê vrouens moet hul waardes besef en hul vrou-wees vier.
Joy Williams, raadslid vir Santaville op Graaff-Reinet het gesê dit is wonderlik om te sien dat vrouens op die dorp meer bewus word van hul rolle in die gemeenskap.
Williams sê baie vrouens voel nog verdruk, maar dat sy graag van vrouens wil hoor wat ‘n impak in hul gemeenskappe wil maak.
“Vrouens kry soms nie dieselfde geleenthede as mans nie, maar vrouens kan tog op verskeie platforms ‘n positiewe impak op hul gemeenskappe maak. Ons gebruik juis die maand van Augustus om onsself te herinner aan die krag van ‘n vrou.”
Nasionale Vrouedag word jaarliks op 9 Augustus in Suid-Afrika gevier.
Die dag herdenk die 1956 opstand van ongeveer 20 000 vroue na die Uniegebou in Pretoria.
Dit was ‘n protesaksie teen die land se paswette wat vereis dat Suid-Afrikaners wat as "swart" gedefinieer word ingevolge die Bevolkingsregistrasiewet om 'n interne paspoort te dra, bekend as 'n dompas.
Die ou bedeling se doel was om bevolkingsegregasie te behou, verstedeliking te beheer en migrerende arbeid gedurende die apartheidsera te bestuur.
Sedert demokratiese Vryheid, vier Suid-Afrikaners jaarliks geskiedkundige, waarvan hierdie dag een van hulle is.
Die maand van Augustus word regdeur Suid-Afrika en ander dele van die wêreld erken as Vrouemaand.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'