KAROO NUUS - Ses seuns van Hoër Volkskool het Donderdag 17 Augustus na Cradock gereis om aan die gesogte Marilie Moolman-tennistoernooi te gaan deelneem.
Die dorp het behoorlik gewemel van talentvolle besoekers vanuit alle uithoeke van die land - Pretoria, Kimberley, Bloemfontein, Stellenbosh en talle Oos-Kaapse dorpe.
Hoër Volkskool was die kleinste deelnemende skool wat seuns aanbetref.
Uitslae is as volg:
Eerste rondte:
- Volkskool 3 - 25 Paarl Gimnasium
- Volkskool 2 - 25 Pearson
- Volkskool 18 - 9 Drostdy
Tweede rondte:
- Volkskool 11 - 18 Selborne
- Volkskool 16 - 11 Stirling
- Volkskool 18 - 9 Cradock
Deelname aan hierdie toernooi het waardevolle blootstelling gebied en gedien as goeie voorbereiding vir die Wasserman Toernooi in Middelburg wat op 25 en
26 Augustus plaasvind en waar Hoër Volkskool deur twee spanne verteenwoordig gaan word.
Jan-Theo van Tonder in aksie op die tennisbaan.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’