GRAAFF-REINET NUUS - Rikus Kleyn, ’n gr. 12-leerder aan Hoër Volkskool, het onlangs aan die Teatro Arti-eisteddfod deelgeneem en ’n A+++ (97%) vir sy pragtige vertolking van Ivan Roux se “Vier Seisoene Kind” verdien.
Teatro Arti is die grootste kompetisie onder die National Arts Association of South Africa en word landswyd deur meer as 40 skole en 20 privaat instellings erken.
Met slegs geakkrediteerde beoordelaars en ’n inskrywing van ongeveer 4 200 deelnemers, is hierdie prestasie werklik uitsonderlik!
Hoër Volkskool en die hele Graaff-Reinet is trots op Rikus, wat sy talent met toewyding ontwikkel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’