GRAAFF-REINET NUUS - Hoër Volkskool is besonder trots op sy spogredenaarspan.
"Sewe raakpraters het Hoër Volkskool verteenwoordig by die eerste ronde van die ATKV Redenaarskompetisie by Hoërskool Nico Malan in Humansdorp op Saterdag 26 April," vertel afrigter Pieter Pienaar.
Elke spreker het hul staal gewys en die beoordelaars het net goeie dinge oor hulle te sê gehad.
Nou word daar asem opgehou vir die finale uitslae wanneer Hoër Volkskool hoor wie deur is na die semi-finaal op 31 Mei, wat in Humansdorp gehou sal word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’