ABERDEEN NUUS — Neil Pienaar, onderwyser by Kamdebo Primêr in Aberdeen, het onlangs die plaaslike VLV-tak genader om leerlinge se kunswerke te beoordeel.
Die beoordeling is gedoen deur lede Estelle van Wyk, ‘n afgetrede kunsonderwyseres en Annalie Lategan wat self baie kunstig is.
Leerders van Graad 4 tot 7 het potloodsketse gedoen in drie temas, by name wilde weste, natuurtoneel en ope afdeling.
Die wenner in elke graad het ‘n R100 kontantprys gekry wat tydens die jaarlike prysuitdeling by die skool oorhandig is.
'Ons bring jou die nuutste Aberdeen, Karoo nuus'