GRAAFF-REINET NUUS - Die Vrouelandbouvereniging (VLV) op Graaff-Reinet gaan beslis nie net oor koek en tee nie.
Die organisasie se maandelikse byeenkomste is leersaam en propvol demonstrasies met insiggewende sprekers wat die lede op ‘n gereelde basis oor ‘n wye verskeidenheid onderwerpe toespreek.
Die Graaff-Reinet-tak hou hul volgende samekoms op Maandag, 17 Julie om 14:30 in die AGS-kerk se saal te Spandauville.
Die VLV is ’n organisasie wat lede die geleentheid tot persoonlike groei bied - lede word aangemoedig om ’n gesonde familielewe te handhaaf en om die gemeenskap te dien.
Die groep bied maandeliks demonstrasies, opvoedkundige uitstappies, praatjies en/of uitstallings aan.
Vir navrae en om aan te sluit, kan takvoorsitter Lieze Geldenhuys by 049 891 0329 kontak.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'