Gallery
GRAAFF-REINET NUUS - Verlede week het vanjaar se nuwe Graad 8-leerders van Hoër Volkskool (HVS) 'n geleentheid gekry om die skool solank te verken en mekaar ook beter te leer ken.
Elke jaar bied HVS 'n inligtings-geleentheid vir die skool se nuwe groentjies aan wat bekend staan as die Graad 8-kamp voordat die skooljaar amptelik begin.
By die kamp bly hul in 'n tentedorp op die skool se sportgronde terwyl hul aan verskeie spanbou-aktiwiteite deelneem.
Die 2018-kamp was 'n fees van sang, dans en pret, maar ook 'n belangrike stap in enige nuwe Volksie se lewe waar die grondslag van die skool se kultuur en waardes vasgelê word.
Hoër Volkskool heet die Graad 8's welkom by die skool.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'