STEYNSBURG NUUS - In Steynsburg is daar 'n hele span versorgers wat ook sorg nodig het. Marais Steyn tehuis vir bejaardes het onlangs hulle werknemers en versorgers laat inkom en 'n heerlike versorgingsessie saam met Jeanette de Jager, arbeidsterapeut van Hofmeyr, gehad.
De Jager sien maandeliks inwoners in Marais Steyn-tehuis en help om probleme op te los, lewenskwaliteit te verbeter en bekommerde inwoners gerus te stel.
Sy glo daaraan om buite die boks te dink en haar blink planne bring oplossings mee wat 'n reuse-aanwins vir al die inwoners en personeel is.
De Jager het 'n passie vir bejaardes wat duidelik sigbaar is in die wyse waarmee sy met die inwoners werk. "Ons versorgers het ook sorg nodig en dit het 'n positiewe effek op almal in die tehuis," sê Karin Kaltenbrünn, bestuurder by die tehuis.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’