OOS-KAAP NUUS - Die Oos-Kaap spog hierdie jaar met ’n 84,19% matriekslaagsyfer, het die LUR vir Onderwys in die Oos-Kaap, Minister Fundile Gada, vanoggend aangekondig.
Union High in Graaff-Reinet het ’n 94,5% slaagsyfer, met Erin Gedult die topleerder met sewe onderskeidings.
Vanuit Cradock (Nxuba), in die Chris Hani Wes-distrik, berig die Oos-Kaapse Departement van Onderwys dat Marlow Hoër Landbouskool ’n 100% slaagsyfer behaal het.
Cradock Gevangenis se matrikulante spog ook hierdie jaar met ’n 100% slaagsyfer, Cradock Hoërskool behaal ’n 95,5% slaagsyfer, Matthew Goniwe Comprehensive Secondary School spog met ’n 90,6% slaagsyfer, terwyl J.A. Calata-Sekondêre skool ’n slaagsyfer van 78.6% aangemeld het, en Michausdal Sekondêre skool 70,2%.
In Queenstown (Komani) het Hangklip Hoërskool ’n 88,57% slaagsyfer behaal, met topleerder Jordan Warren wat ’n gemiddeld van 84,4 % behaal het.
Queenstown Girls High en Burgersdorp Hoërskool spog albei met ’n 100% slaagsyfer, terwyl Aberdeen Sekondêre Skool ’n 97,5% slaagsyfer behaal het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’