KAROO NUUS - 'n Soektog na die vermiste Randal Godfrey word vandag deur Hofmeyr-polisie van stapel gestuur.
Die soektog sal al langs die rivier en kanaal by Waterlea strek.
Randall Godfrey (32) word sedert 2 Augustus vermis. Hy het glo by sy vriendin, op Waterlea, 'n plaas naby Schoombee, sowat 45 km van Hofmeyr, gaan kuier.
Die familie is bekommerd dat hy moontlik in een van die besproeingkanale kon verdrink het omdat sy een hond alleen teruggekeer het huis toe. "Daar is ook sedert laatmiddag 2 Augustus geen sein op sy selfoontjie nie," sê die familielid.
Enige persoon wat Godfrey iewers opmerk kan Kapt. Visagie by 082 301 8343 sal kontak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’