GRAAFF-REINET NUUS - Sakelui en gemeenskapslede het in Graaff-Reinet ingespring om die landingstrook vir noodhelikopters skoon te maak.
Die noodsituasie het ontstaan toe onder andere AMS en EMS se bestuur kennis gekry het dat hulle nie meer by die hospitaal of SAPD Akademie mag land om pasiënte op en af te laai nie.
‘n Landingsstrook wat nie meer geskik was om op te land nie, is langs die forensiese patologiese eenheid getakel en skoongemaak. Een van die individue wat betrokke was by die proses het gesê, “more kan dit teen van ons familielede wees wat per helikopter vervoer moet word om sy/haar lewe te red. Ons kan nie net stil sit en toekyk nie.”
Die landingstrook is skoon, maar verf word dringend benodig om die nodige aanduidings daarop te verf.
Die Dr. Beyers Naudé Munisipaliteit het vandag, Vrydag 17 Mei by die landingstrook gesê,
“Ons kan nie verf verskaf nie. Die verf is vir die paaie bedoel.” Die weiering kom ten spyte van die feit dat dit munisipale grond is wat bedoel is vir ‘n landingstrook.
Enige iemand wat die inwoners en sakelui se goeie daad kan afrond met ‘n verfskenking en die nodige kwaste, rollers en kundigheid, kan Jacque Wagener skakel by 066 303 8844.
Van die mense wat ingespring het om te help is Hi-Q, AW van der Berg Enterprises, Korrektiewe Dienste en EMS Somerset-Oos.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'