Video
GRAAFF-REINET NUUS EN VIDEO - 'n Veldbrand het vanmiddag, 26 Februarie, in die industriële area van Graaff-Reinet uitgebreek.
Dit blyk dat die grootste gedeelte van die brand reeds onder beheer gebring is, behalwe vir 'n paar buitebande wat steeds brand en 'n digte swart rookkombers oor die area stoot.
Brandbestryders is tans op die toneel om na die brand om te sien.
VIDEO: Sonia Wahl
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’