HOFMEYR NUUS - Die Eastern Cape Western Mounted Games het onlangs hul Q8- en Q10-uitdagings by die Hofmeyr-skouterrein gehou.
Ses-en-twintig perde en hulle uiters vaardige ruiters het reeds vanaf Vrydagmiddag in Hofmeyr opgedaag.
Kippe Louw en Jakkals Roux van die Hofmeyr-skoukomitee het gesorg vir ’n uitstekend voorbereide baan- en skouterrein.
Louis en Marguerite Hattingh van Louisseplaas, tussen Hofmeyr en Tarkastad, het oor hierdie twee dae saam met vyf van hulle ses kinders deelgeneem.
Deelnemers het van Hofmeyr, Stutterheim, Bloemfontein en Philippolis gekom. Hofmeyr het met 10 ruiters gespog.
Die jongste een, Zion Louis Hattingh, was maar sewe jaar oud.
Talle uitdagings is die een na die ander aangebied, en die kompetisie was sterk. Verskeie tegnieke moes ten toon gestel word, en die vaardige ruiters en perde het nie teleurgestel nie.
Die program is onder luide toejuiging uitgevoer. Van die balieresies, die paalresies, die syfer-agt-uitdaging, die sleutelgat en die spoedbalresies is deur oud en jonk geniet.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’