KAROO NUUS - Die Dr Beyers Naudé-munisipaliteit het kennis gegee van 'n tydelike onderbreking van watervoorsiening tussen 08:00 en 18:00 op Donderdag, 21 Februarie aan die Kroonvale, Adendorp en Wolwas gebiede.
Dié onderbeking is nodig om ‘n noodsaaklike diens op die watervoorsieningsnetwerk na bogenoemde areas uit te voer.
Die munisipaliteit het onderneem om watertrokke beskikbaar te stel om te help met die voorsiening van water aan die gemeenskap in dié tyd.
Die munisipaliteit sal die situasie noukeurig monitor en verbruikers in kennis stel van enige veranderinge.
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'