Video
GRAAFF-REINET NUUS EN VIDEO - Graaff-Reinett-polisie en nooddienste is vanoggend, 11 September, na 'n huisbrand is Mkhizestraat, in die Chris Hani-omgewing ontbied.
Die Graaff-Reinet Advertiser het op die toneel aangekom toe die vuur reeds geblus is.
Volgens omstanders was daar iemand in die huis ten tye van die brand, maar kon die persoon dit nie betyds uit die huis maak nie.
Nooddienste wag tans vir Forensies.
Die Advertiser het 'n navraag uitgestuur en hou lesers op hoogte.
VIDEO - Nooddienste op die toneel:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’