HOFMEYR NUUS - Stormsterk winde het Sondagoggend, 7 Julie, 'n kragpaal voor Laerskool Hofmeyr dubbeld gevou en hoewel huishoudings dit gerapporteer het dat hul kragtoevoer kom en gaan, het voortdurende sterk wind die gevolg gehad dat alle huise en besighede geen kragtoevoer gehad het nie.
Hofmeyr is afhanklik van 'n elektriese tegnikus, van die Enoch Mgijima-munisipaliteit, wat herstelwerk doen en die persoon het 24 uur later in Hofmeyr arriveer om die fout te herstel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’