GRAAFF-REINET NUUS - Die jaar maak die heel eerste Top20-toer ‘n draai in Graaff-Reinet.
Vir die wat nie weet nie - Top 20 is een van die top TV-programme op kykNET NOU! en kuier elke Vrydagaand om 20:00 saam met jou.
Aanbieder Willem Botha kuier saam met musiekvriende in die ateljee en tel die week se Top 20 musiekvideo’s af. Natuurlik kan jy weekliks saamkuier op kanaal 146 op DStv.
Maar nou gaan Top 20 toer en aanbieder Willem Botha vat die pad saam met die talentvolle Franja du Plessis.
Saam gaan dié twee gehore vermaak met ‘n gatskop vertoning gevul met audio visuele elemente en natuurlilk al die treffers wat aanhangers wil hoor.
Die toer skop op 23 Februarie in Centurion af en eindig op 6 Maart in George.
Na ‘n vertoning op 27 Februarie in Cradock, stop dié toer op 28 Februarie in Graaff-Reinet vir ‘n vertoning by Laer Volkskool.
Op 4 Maart sal daar in Middelburg by Hoërskool Middelburg gekuier word.
Franja du Plessis.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'