KAROO NUUS - Die gemeenskap van Middelburg is in skok nadat 'n bekende en geliefde sakeman en boer, Carl (Calla) Perry (57) Vrydagaand 1 September deur 'n groot trok by sy plaashek doodgery is.
Volgens ao. Majola Nkohli, woordvoerder van die polisie, is Perry op die toneel dood nadat die trok sy bakkie van agter getref het toe hy by sy plaasafrit ingedraai het.
Dié ongeluk het omstreeks 18:30 op die N9 naby Middelburg plaasgevind. Perry was 'n mede-eienaar van SPAR-Middelburg.
"Hy was 'n geliefde inwoner," sê Robert Southey, direkteur van SPAR-Middelburg. Hy laat sy eggenote Karen en drie kinders agter. Nkholi sê dat 'n saak van strafbare manslag geopen is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’