GRAAFF-REINET NUUS - Ná ‘n ongeluk op die R61, tussen Nxuba (Cradock) en Graaff-Reinet, vandag (21 Desember) het drie passasiers gesterf.
Beseerde insittendes is na nabygeleë hospitale vir mediese sorg geneem.
Die roete is ‘n hoofroete vir taxiverkeer van Kaapstad na Umthatha en dra vandag swaar verkeer.
Taxibestuurders is dikwels ook ooreis, omdat soveel moontlik passasiers in ‘n kort tydjie vervoer moet word.
In dié stadium dra die roete 240 taxi's per uur van Beaufort-Wes.
Dié padsterftes verhoog die totale sterftesyfer op die Oos-Kaapse paaie na tien; net vandag.
Buite Nxuba (Cradock) het gespanne bestuurders summier handgemeen geraak né ‘n ongeluk op die R61-afrit van die N10 na Tarkastad. Geen sterftes is aangemeld nie en die polisie is steeds op die toneel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’