OOS-KAAP NUUS - Die polisie in die Oos-Kaap het 'n beroep gedoen op gemeenskappe in Mthatha en omgewing met vermiste familielede om by staatslykshuise aan te gaan.
Volgens Kaptein Welile Matyolo, mediawoordvoerder van die kantoor van die Provinsiale Kommissaris van die Oos-Kaap, is daar talle liggame wat reeds vir langer as twee jaar in staatslykshuise lê.
“Daar is verskeie onbekende, onopgeëisde liggame wat in verskeie dele van die OR Tambo-distrik gevind is, soos Mthatha, Mqanduli, Ngqeleni, Libode, Bhityi en Kwaaiman.
Die gemeenskap word gevra om te help met die identifisering en ook die opeis van liggame van hul familielede,” het Matyolo op 22 Augustus in 'n mediaverklaring gesê.
Die Mthatha Sentraal-speurders kan by die Old Savoy-gebou gekontak word om die lykshuise te besoek.
Vir meer inligting kan enige van die volgende beamptes dringend gekontak word:
• Kolonel Mantyi - 082 779 7122
• Kolonel Miya - 082 580 9337
• Luitenant-kolonel Ndzamela - 082 442 0743
Samewerking in hierdie verband sal hoog op prys gestel word, aangesien wetgewing die staat verbied om liggame sonder toestemming van families te begrawe.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’