MURRAYSBURG NUUS - ‘n Bekende van Murraysburg, Jan-Hendrik Swiegers, kan môre oggend tussen 06:00 en 08:00 op Die GROOT Ontbyt op kykNET (DStv kanaal 144) gesien word.
Tans 'n inwoner van die Paarl, is hy oorspronklik afkomstig van Murraysburg waar hy sy kinderjare spandeer het - die seun van Estelle en wyle Gert Swiegers.
Jan-Hendrik het dié jaar opslae gemaak met 'n lied oor sy grootword dorp, genaamd ‘Murraysburg’, wat hy self geskryf en gekomponeer het.
Diegene wat meer hieromtrent wil hoor, kan uitsien na ‘n onderhoud met Jan-Hendrik deur Die GROOT Ontbyt aanbieder Rouchelle Liedemann op kykNET môre oggend, 9 November.
Die GROOT Ontbyt is GROOTfm 90.5 se gewilde ontbytprogram wat elke weeksoggend regstreeks vanaf 05:30 tot 08:30 uitgesaai word. Wat hierdie program uniek maak is dat dit ook van 06:00 tot 08:00 op kykNET (DStv kanaal 144) uitgesaai word - ? hibried-konsep tussen radio en televisie.
'Ons bring jou die nuutste karoo nuus'