ABERDEEN NEWS - Die Graaff-Reinet-polisie het 'n deurbraak gemaak deur 'n verdagte aan te keer wat vermoedelik by 'n reeks aanvalle op plaaswerkers en inbrake by plaaswonings naby Aberdeen betrokke was.
Kaptein Bradley Rawlinson, woordvoerder van die Graaff-Reinet-polisie, het Donderdag 13 Junie, bevestig dat Shaundrick April (29) gister in die Kendrewpad-area in hegtenis geneem is.
Die polisie het kilometers ver gestap, en April later tussen die sandbanke van 'n droëlooprivier gevind. Rawlinson sê April was steeds in besit van vermoedelik gesteelde eiendom.
Volgens Rawlinson ondersoek die polisie die moontlikheid dat April oor 'n lang tydperk plaaswerkers in die Kendrewpad-area geteiken en aangeval het. Hy word ook moontlik verbind met 'n reeks huisbrake in dié area.
Lees gerus meer oor hierdie deurbraak in die volgende uitgawe van die Advertiser.
'We bring you the latest Aberdeen, Karoo news'