HOFMEYR NUUS - Die geskiedkundige parkie, op die plein, is die afgelope week self deur inwoners van die dorp skoongemaak.
Ds. Marius Barnard en 'n groot groep inwoners het met tuinvurke, kruiwaens, vuilgoedsakke, harke en grawe opgedaag op die reusetaak aan te pak.
"Binne twee uur was die parkie silwer-skoon. Blikke, bottels, plastieksakke, papiere en allerhande ander gemors is opgeruim, en selfs onkruid is uit beddings verwyder," deel Rhyn Kruger, wat ook gaan help het, mee.
Barnard het daarna die grassnyer deur die droë gras gestoot, en die tuinpaadjies en sypaadjies is silwerskoon geblaas deur Barend Opperman.
"Nou wag ons net dat die gras weer mooi groen word na die winter, maar ek is nou sommer weer trots op dié tuintjie."
Inwoners help om die geskiedkundige parkie skoon te maak.
'Ons bring jou die nuutste Hofmeyr, Karoo nuus'