Video
ABERDEEN NUUS EN VIDEO - Die saak teen ‘n DA-raadslid, Eldridge Ruiters van Aberdeen, wat aanhangig gemaak is omdat hy en sy DA-span onduidelike parkeerstrepe op teerpaaie in die dorp oorgeverf het, is Dinsdag 5 November, tydens sy eerste hofverskyning tersyde gestel.
‘n Bywet wat dit in die Dr Beyers Naude-plaaslike munisipaliteit verbied, kon nie opgespoor word nie en bestaan moontlik nie.
Ruiters verduidelik dat die verf van padtekens en parkeerstrepe een van drie DA Gee Om projekte is. Hy sê hierdie projekte is daarop gemik om Aberdeen op te hef en die gemeenskap van Aberdeen se lewens te verbeter.
“Ons het die sopkombuis asook die skoolklere- en die padverf-projekte,” sê hy.
Ruiters sê hy weet wie die klag teen hom gelê het nie. “Die klaer is in ‘n baie hoë politieke posisie en sal binnekort blootgestel word,” sê hy.
Hy glo dat die aangeleentheid polities gedrewe is. “Mense breek Aberdeen af sonder toestemming en niks word daaraan gedoen nie, maar as jy Aberdeen sonder toestemming wil opbou, word jy strafregtelik vervolg,” aldus Ruiters.
VERSKAFDE VIDEO - Ruiters stel sy saak nadat die saak tersyde gestel is:
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’